- Besoek en lees eers noukeurig AL die spyskaarte inligting op ons webtuiste sodat jy kan weet WIE ons is ( sien Welkom op tuisblad),
WAT ons glo (sien Oor Ons op tuisblad “ storie agter die storie “ en “wat glo ons?”) en WAARVOOR staan ons (sien Kernwaardes
op tuisblad “vriendskap voor funksie” en “ons waardes”) Onthou, ons is nie ‘n kerk of denominasie nie, maar ‘n netwerk van dienaars wat mekaar wil
dien, liefhê en mense dissipels van Jesus wil maak. Ons wil graag handevat met kerke/gemeentes in ‘n area om sodoende die herders van
daardie gemeentes by te staan in hulle werk om daardie gelowiges te bekragtig en toe te rus vir hulle dienswerk in die samelewing
(Efesiërs 4:1-16, veral vers 12)
Ons glo baie sterk in die bybelse model van DISSIPELSKAP soos Jesus die voorbeeld aan ons gestel het. Lees asb. noukeurig die spyskaart DISSIPELSKAP
op die tuisblad. Jy is welkom om ons enige tyd te kontak indien jy meer hieroor wil uitvind.
- Kliek op jou provinsie om te sien of jou dorp/stad verteenwoordig is (sien SA kaart op tuisblad)
- Indien jou dorp/stad alreeds verteenwoordig is, kontak daardie persoon en bou verhouding. Maak seker daardie persoon identifiseer met ons kernwaardes
en is bekend met al die inligting op die webtuiste, aangesien ons staan vir eenheid in die liggaam van Christus en nie weer wil val in die slaggat van
denominasie mure nie wat skeiding bring tussen God se kinders.Moedig persone aan om die SA4JESUS webtuiste te besoek sodat ons dieselfde waardes kan
uitleef. God seën eenheid!
-
Indien jy met ons kernwaardes (waarvoor ons staan) en wie ons is (wat ons glo) identifiseer, en SELF ‘n weeklikse samekoms in jou area wil begin,
kontak ons asb. persoonlik deur ons email adres of skakel ons op ons direkte selnommers ( sien tuisblad kontak ons ) indien email adres nie funksioneer nie.
Ons wil jou graag bystaan met raad en inligting sover moontlik. Daarna sal jou naam en kontaknommer op die webtuiste aangebring word.
- Die Here is besig om ’n SA4JESUS dienaar span op te rig wat deur die land gaan reis om al die broers persoonlik te besoek. Liefdevolle verhoudings is
van kardinale belang. Hierdie span sal dan van tyd tot tyd die verskillende dorpe/stede besoek en die broers daar saam trek om hulle by te staan met
toerusting, lering, bemoediging en hulle te versterk in die Here (Handelinge 2:37-47; Handelinge 4:32-35 en 2Timotheus 2:1-2; Titus 1:5)
- Ons wil ALLE broers aanmoedig om mekaar te kontak en sterk liefdevolle verhoudings te bou tussen mekaar in julle onmiddellike area Dit is deur sulke
verhoudings wat God se koninkryk kragtig gaan uitbrei. (Lees Jesus se gebed op ons tuisblad, onderaan die bladsy).
|