- Ons glo in die volle Woord van God (die bybel). Niks weggelaat of bygevoeg deur menslike tradisies nie
- Ons glo in die eenheid van alle christen gelowiges, wat oral saam die liggaam van Jesus Christus uitmaak, die Kerk, Sy bruid en daarom
bid en werk ons saam met Jesus om Sy gebed te vervul in Johannes17:20-21
- Ons glo dat elke gelowige 'n aktiewe lewende steen in sy/haar lokale gemeente(kerk) moet wees, maar ons vat hande met alle gelowiges en
kerk leiers omdat God se huis en kerk 'n geestelike huis is, bestaande uit alle gelowiges, nie 'n fisiese gebou, kerknaam of denominasie nie
- Ons werk saam met die Heilige Gees om God se KONINKRYK te bevorder volgens Mattheus 6:10 en NIE die promosie van ons eie kerk of denominasie nie
- Ons glo dat alle gelowiges mekaar opreg moet dien en liefhê, asook die ongelowiges in alle nederigheid soos wat Jesus Christus ons Koning en Here
die voorbeeld vir ons gestel het
|