Hoekom dissipelskap? Wat is dissipelskap?
Jesus se groot opdrag in Mattheus 28:20-21 was om DISSIPELS te gaan maak. Hierdie opdrag is nie net aan kerkleiers gegee nie, maar is die verantwoordelikheid van elke gelowige. Die uitdaging vandag is dat die meerderheid christene nie weet wat dissipelskap beteken nie. Vele dink dissipelskap is om kerk toe te gaan. Die bybelse idee van dissipelskap is egter baie meer dinamies en lewensveranderend. Dit is juis as gevolg van die gebrek aan dissipelskap dat daar soveel onvolwasse en kragtelose gelowiges in die koninkryk van God is. Die goeie nuus is dat Ons Hemelse Vader tans besig is om deur die Heilige Gees wêreldwyd Sy kinders se aandag weer te vestig op Sy oorspronklike bloudruk plan van dissipelskap. God roep JOU inderdaad dan ook vandag om gedissipel te word en self 'n dissipelmaker te wees!

Wat is 'n Dissipel?
Die woord "dissipel" beteken eenvoudig 'n "leerling" en "gedissiplineerde een" As ware 'n na aper! 'n Volgeling wat Sy Meester fyn dophou, gehoorsaam en alles doen net soos sy Meester dit doen. Dit praat dus duidelik van iemand wat deur 'n ander geleer of gementor is. So het Jesus Sy 12 dissipels alles geleer wat die Vader Hom gestuur het om hulle te leer. Hy het Homself in hulle gedupliseer. Dissipelskap gaan oor duplisering. Nie net enige duplisering nie! Duplisering in die beeld van die oorspronklike! Ons moet dus geleer word om soos Jesus te dink, te praat en te doen! Ons moet dus deur 'n hemelse "kloning" proses gaan sodat ons presies net soos Jesus op aarde kan leef. Ons moet in Sy beeld gevorm word. Klink dit onmoontlik? Beslis nie! Die bybel sê dan in Johannes 14:12 dat die wat in Jesus glo nog GROTER werke sal doen as wat Jesus gedoen het! Dit is egter slegs moontlik indien 'n gelowige deur 'n ander volwasse dissipel gementor/gedissipeleer word. Jesus sê ons is Sy vriende en ons het Hom lief as ons al Sy opdragte gehoorsaam en dit doen. Vraag is...ken ons Sy opdragte? Daar is meer as 100 opdragte van Jesus. Hoeveel van hulle kan ek nou noem en is ek besig om te doen? Ons moet terugkeer na bybelse dissipelskap! Maak nie saak hoe oud jy is en hoe lank jy al 'n kind van God is nie. Jy kan 40 of 60 jaar oud wees, maar in die gees 'n geestelike baba wat nooit opgegroei het tot 'n seun nie en dan tot 'n geestelike vader nie. Ons Vader wil hê dat elkeen van ons sal groei van 'n KIND van God, tot 'n SEUN van God, tot 'n VADER in die geloof vir ander. Dit is die pad van geestelike volwassenheid en dissipelskap.

Die doel van Dissipelskap
Die doel van dissipelskap gaan daaroor om in die beeld van Jesus Christus getransformeer te word en VEEL VRUG te dra. Jesus praat in Johannes 15:5 en Paulus in Kolossense 1:10 van die gelowige wat tot eer van God moet vrug dra en wel vrug wat moet blywend wees. Dissipelskap gaan dus oor (1) transformasie in die beeld van Jesus en (2) reproduksie (beginsel van een wat 'n ander leer)

Die Dissipelskap Beginsel van Vermenigvuldiging
Voorbeeld 1:
Wat sou jy verkies? 'n Sent 'n dag verdubbel vir 30 dae of R250 000 kontant nou dadelik? Die meeste mense sal onmiddellike kontant in die hand verkies. Die totale bedrag in Rande teen 'n sent 'n dag vermenigvuldig vir 30 dae, word R5, 368,909.12!

Voorbeeld 2:
Die wêreld se magtigste evangelis wat 1000 siele elke dag van sy lewe na Jesus toe bring sal nooit die wêreld wen in sy leeftyd nie. (80 jaar = 29,200.000)

Maar as een persoon 'n ander een dissipeleer vir een jaar en elkeen van hulle dissipeleer nog 'n persoon die volgende jaar, sal daar 4 wees wat elke volgende jaar een persoon dissipeleer, ens. Dit kan die wonderlike gevolg hê dat die inwoners op die aarde in een leeftyd gedissipeleer kan word!

33 jaar = 4,294,967,296 of 34 jaar = 8,589,934,592

Dit sal u nie verbaas nie dat een van die grootste aanvalle teen die Liggaam van Christus die afgelope 2000 jaar, in die area van DISSIPELSKAP was.
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved