Jesus het eenmaal vir Sy dissipels gesê: "julle is My vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat Sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van My Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het" Johannes 15:14-15

'n Mens werk beter saam met iemand wat jou vriend is en jou verstaan en aanvaar vir wie jy is, as met 'n vreemdeling. Lank terug het die Here vir my gesê: "don't work together...LOVE together". Die toring van Babel het na 'n groot sukses storie gelyk. Dit was groot en duisende mense was betrokke. Die bybel sê selfs dat hulle een was en dat God daarvan gesê het dat niks vir hulle onmoontlik sou wees nie. ! Maar was God betrokke by hulle bou projek? Nee.

Die mens kan groot hoogtes bereik met eenheid...sonder liefde en sonder God! Om net 'n gemeenskaplike doelwit te deel, verseker nie sukses in God se oë nie. Dit kry die wêreld se mense elke dag reg. Kyk maar na die bouprojekte in Dubai. God se meetsnoer van sukses is LIEFDE en om die Beeld van Sy Seun, Jesus, in mense gestalte te sien kry.

Gemeenskaplike doel = toring van Babel (wêreldse sisteem)
Gemeenskaplike waardes = Koninkryk van God (Nuwe Jerusalem)
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved