1. Praat met God oor jou area en kry SY hart vir die mense
    (slegs 'n opregte hart, sonder eie persoonlike ambisie, wat God se hart dra vir verlore siele, sal dit laat werk. Die inspirasie moet van God kom. Praat EERS met God oor mense... voordat jy met mense oor God praat. God gebruik nederige harte wat mense opreg wil dien. People don't care how much you know... until they know how much you care)

  2. Bid en vertrou die Here vir jou geestelike DNA maat
    ('n vriend wat jou hart en waardes deel en jou sal bystaan. Ons het mekaar nodig. Dit mag wees dat die Here jou aan die begin roep om self alleen 'n samekoms te begin, maar dis belangrik dat jy die Here sal vra en vertrou vir 'n vriend wat jou gaan bystaan en saam die werk vir die Here gaan doen.

  3. Indien jou dorp/stad alreeds verteenwoordig is, kontak daardie persoon en bou verhouding. Maak seker daardie persoon identifiseer met ons kernwaardes en is bekend met al die inligting op die webtuiste, aangesien ons staan vir eenheid in die liggaam van Christus en nie weer wil val in die slaggat van denominasie mure nie wat skeiding bring tussen God se kinders.Moedig persone aan om die SA4JESUS webtuiste te besoek sodat ons dieselfde waardes kan uitleef. God seën eenheid!

  4. Begin saam met jou vriend bid oor die saak en vra die Here se leiding oor WAAR die Here wil hê julle moet begin. Moenie oorhaastig begin nie. Wag op Sy leiding.

  5. BELANGRIK: Vind neutrale grond (sien kernwaardes op tuisblad, neutrale grond).

  6. Bly by EENVOUD. (lees asb. 1 Korinthiërs 1:25-31 en 1 Korinthiërs 2:1-5)

  7. Check/monitor jou waardes gereeld (ondersoek jouself en jou span of jy/julle nie in 'n slaggat getrap het nie. Dit gebeur baie vinnig dat elkeen van ons verlei kan word deur die vyand wanneer ons nie geestelik wakker is nie. Lees Kernwaardes "Ons Waardes" op die tuisblad).
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved