Dienaars
Nederigheid is die hoogste rang in die hemel. Ons moet mekaar opreg liefhê en dien (nie oor mekaar heers nie) soos Jesus, ons Meester die voorbeeld gestel het. Moenie posisie of aandag of eer soek nie! Los dit vir God. Word net 'n dienaar wat jou mede gelowiges opreg liefhet en wil dien.Filippense 2:1-8; Mattheus 20:25-28

Nederigheid
Nederigheid is om die balans te verstaan tussen die feit dat ek tot alles in staat is alleen in en deur Jesus Christus wat my die krag gee EN dat ek tot NIKS in staat is sonder Hom nie. Daarom dink ek nooit ek is beter as iemand anders nie. Nederigheid soek nie posisie nie, maar kyk waar hy/sy iemand anders kan dien. Nederigheid is altyd bereid om te leer…ten spyte van jou kennis.

Neutrale Grond & Interkerklik
Jesus het nie die verlore mens na Hom genooi in die hemel om daar gered te word nie. HY was bereid om Sy comfort zone te los en na ons(aarde) te kom. Ons moet wegbeweeg van die denkwyse om mense na ONS kerkgebou te nooi en begin UITGAAN na waar verlorenes is. Jesus het beveel: "GAAN die wêreld in...." nie "vra mense om na julle te kom" nie. Begin 'n samekoms in die markplek ( neutrale grond) bv. 'n Wimpy, gastehuis, huis, besigheid, plaas skuur ens. Dit sal dalk moeilik wees om 'n Baptiste of charismatiese gelowige te kry by 'n NG manne samekoms by die NG kerk saal en andersom, maar dit sal baie makliker wees om die 2 broers of susters bymekaar te kry by 'n interkerklike samekoms by 'n gastehuis, private huis of enige beskikbare plek in die markplek.

Gereelde Samekomste
Dit is nie genoeg om een maal per maand bymekaar te kom nie. Te veel uitdagings en versoekings tref ons almal elke dag en teen daardie tyd van die maandelikse samekoms voel 'n persoon dalk so swak en moedeloos, dat hy/sy dalk sal wegbly van die samekoms. Kom WEEKLIKS bymekaar. Sodoende kan mense gereeld bemoedig word, betrokke wees by mekaar en sterker verhoudings gebou word. Lees Handelinge 2: 42-47

Dissipelskap
Jesus het nie gesê ons moet bekeerlinge maak en hulle dan na kerkdienste nooi nie. Hy het gesê in Mattheus 28:20-21 dat ons DISSIPELS moet maak en hulle alles moet LEER wat Hy die apostels beveel het. Kerk samekomste inspireer en leer ons, maar kan nooit die bybelse manier van dissipelmaking, wat hoofsaaklik een tot een of kleiner groepe is, vervang nie. Jesus se opdrag was dat ons mense (dissipels) al Sy opdragte moet leer en dat hulle dit dan moet gaan uitleef. Ons moet dus na al Jesus se opdragte gaan kyk wat uit Sy mond gekom het, en dit dan self begin uitleef, een vir een, en ander dan ook leer om dieselfde te doen. Baie van hierdie opdragte van Jesus sal jy in die hoofstukke Mattheus 5 tot 7 vind asook in ander gedeeltes van die 4 evangeliese boeke. ( Indien jy enige hulp benodig om met so ‘n dissipelskap groep te begin of gedissipel te word, kontak ons in Bloemfontein by 072 942 0178 of 082 783 1919.
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved