Getalle
MOENIE fokus op getalle nie. Dawid het in daardie slaggat van satan geval toe hy Israel getel het, en het 'n swaar straf van God daarvoor ontvang. Fokus op getalle is die teel aarde van staatmaak op eie krag, geestelike hoogmoed, kompetisie en verdeeldheid onder christene. Dien net die Here en jou mede gelowiges en los die groei vir God. Almal is nie geroep vir massas mense soos oom Angus Buchan nie. Jesus het net 12 dissipels gehad. Met hulle het Hy die wêreld verander en deur daardie 12 is jy vandag 'n kind van God!

Vermaak (entertainment)
Ons is deel van 'n entertainment kultuur elke dag en die kultuur het selfs in die kerk ingesluip. Moenie van te veel gassprekers gebruik maak nie. Hulle dien hulle doel wel, maar passop om in die leuen vasgevang te word van die "ek of ons groep kan nie praat nie" sindroom. Die doel van die samekoms is nie om na super sprekers te kom luister nie. Daarvan het ons genoeg in baie kerke en op christelike tv kanale! Indien julle in hierdie slaggat val, sal julle begin sit met onvolwasse christene (babas) wat net wag vir die volgende bottel, maar wat self nooit grootword in geloof nie. En elke week sal jy vir hierdie babas moet perform en entertain. Deel elke week julle EIE ervarings met die Here met mekaar. Die klem is op DEEL en liefdevolle verhoudings...nie preke nie. BESEF en GLO dat daar kosbare getuienisse en mense in jou groep is wat se boodskap of ervaring baie sal beteken vir die ander in die groep. Daar is nie slegs 747 Boeings op 'n lughawe nie. Lughawens is vol van kleiner vliegtuie. Belangrike mense en presidente land ook op lughawes met kleiner vliegtuie. Leer by mekaar en laat die groot 747 Boeing so af en toe inkom vir 'n landing!

Hoogmoed
Ons almal weet dat satan uit die hemel verban is as gevolg van hoogmoed. Waak altyd teen geestelike hoogmoed in jouself en die groep en waarsku mekaar selfs daarteen. Behou altyd 'n hart en gesindheid van nederigheid, diensbaarheid en leerbaarheid. Hierdie slaggat bly altyd maar 'n groot gevaar en is baie sleg vir jou bande! Moet nooit dink jy is immuun daarteen nie! Wees 'n goeie bestuurder...en wees altyd bedag en op die uitkyk vir hierdie slaggat in jou eie lewe en in die groep.

Kompetisie
Kompetisie is die tweeling boetie van hoogmoed. Waak teen hierdie slaggat om jouself of julle groep te vergelyk met 'n ander groep. In die koninkryk van God bestaan daar nie iets soos kompetisie nie…slegs samewerking. Bly weg van woorde of stellings soos "ONS groep is die plek om te wees!" of "ons groei darem nou sterk hoor!" Lees 1 Korinthiers 3:1-8 Kompetisie en verdeeldheid is 'n teken van vleeslikheid en geestelike onvolwassenheid!

Posisie
Daar is net een posisie in die koninkryk...en wel die van dienaar. Lees weer Mattheus 20:25-28. Daar is net EEN wat Koning is, wat posisie beklee, aan wie al die eer toekom.....JESUS! Los jou toekomstige posisie in die hiernamaals ook in God se hande. Vir nou...DIEN! Iemand het eendag gesê: "ek het tot die besef gekom dat daar wel 'n God is...en dat dit NIE ek is nie!"
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved