Ons eer ons voorgangers in die geloof en mense soos oom Angus Buchan wat kragtig deur die Here gebruik is en nog steeds gebruik word om ons land se mense terug te laat keer na God. Daar het egter 'n duidelike behoefte ontstaan vir mense wat vol geloof en moed terugkeer van groot saamtrekke na hulle eie dorpe en stede net om dan agterna te verflou in hulle geloof omdat hulle nie daar dieselfde geestelike entoesiasme, broederlike liefde en ondersteuning ervaar as wat hulle by hierdie saamtrekke ervaar het nie. 'n Duidelike beweging van kleiner manne- en vrouegroepe, beide in gemeente verband sowel as interkerklik het uit hierdie groot saamtrekke die afgelope paar jaar begin ontstaan. Mense vind in hierdie groepe weer die liefdevolle ondersteuning en dissipelskap wat die eerste dissipels in die boek van Handelinge ervaar het. Hierdie manne-en vroue groepe vervang nie en is nie in kompetisie met die huidige omgeegroepe (homecells) in die kerke nie. Dit is dalk meer 'n alternatief vir mense wat nog glad nie gered is nie, maar niks met 'n kerk te doen wil hê nie, of moontlik koud geraak het in hulle geloof of mense wat soekend is na 'n gemeente waar hulle kan inskakel maar tans nêrens betrokke is nie. Hierdie manne -en vrouegroepe vervul moontlik tans daardie leemte en so kan mense vanuit die ondersteuning uit hierdie groepe weer inskakel en aktief betrokke raak by 'n lokale gemeente. So 'n manne-of vroue groep behoort nie 'n nuwe kerk te wees nie, maar IS eerder kerk. Met ander woorde, die mense in daardie groep leef die liefde van God uit teenoor mekaar en teenoor hulle gemeenskap.

SA4JESUS is gebore vanuit hierdie agtergrond en 'n opdrag van God om Sy kinders te dien en te help wat tussen die nette uitval en terugval in die see en storms van die lewe. SA4JESUS wil graag mense dien en help in hulle onderskeie dorpe en stede indien hulle sulke ondersteunings groepe wil begin en om so in liefde uit te reik na mekaar, oor kerkgrense heen, om die verdeeldheid en wedywer tussen kerke te stop en alle gelowiges vanuit verskeie kerklike agtergronde te verenig in liefde, diensbaarheid en samewerking onder EEN Hoof...Jesus Christus. Lees asb. Johannes 17:20-21

Om meer te verstaan waaroor SA4JESUS gaan en hoe jy betrokke kan raak, lees asb. die ander opsies onder hierdie hoof getiteld "wat glo ons" en ander titels soos "kernwaardes" en "hoe begin ek?"

Geniet jou besoek aan ons!
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved