1. Lees die webtuiste se inligting volledig, AANDAGTIG en BIDDEND deur. Ons is baie maal so gewoond aan ’n gejaagde lewe, dat ons nie regtig TYD maak om aandag te gee aan dit wat werklik saak maak nie.

    Baie van die antwoorde wat jy soek is in die inligting op die webtuiste. Hierdie inligting is nie verkry uit boeke nie. Dit is die pad wat ons en manne net soos jy persoonlik gestap het met die Here en wat deur foute, pyn en ervaring by die Here se voete geleer is. Jy kan jouself baie pyn spaar indien jy bereid sal wees om die inligting ter harte te neem, dit toe te pas en daarin te volhard. Gebruik dit en maak dit deel van jou lewe en hart!

  2. Die webtuiste is onder gedurige konstruksie soos die Heilige Gees ons lei en leer. Daar is alreeds kosbare inligting en lering onder die spyskaart "Dissipelskap". Ander toerusting materiaal gaan beslis in die toekoms volg en op die webtuiste aangebring word vir jou hulp en gebruik. Die fokus bly Jesus se opdrag om DISSIPELS te maak.

    Besoek die webtuiste gereeld om seker te maak jy is op datum met hierdie toerusting materiaal en inligting

  3. Jy is altyd welkom om ons persoonlik te kontak vir enige navrae of hulp wat jy mag benodig (sien "kontak ons" op tuisblad).
Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio
Copyright © 2009. All rights reserved